+27 82 396 9693 [email protected]

Ons het weereens ‘n onvergeetlike toer saam met wonderlike mense gehad deur Botswana.

Hier is ‘n kort samevatting van die toer. Toer het begin by Moriti – Nyala kamp net ‘n klipgooi van Groblersbrug grenspos. Almal het daar bymekaar gekom en mekaar leer ken. Vandaar die volgende dag na Palapye waar almal die nodige inkopies gedoen het en toe na Khama Rhino sanctuary waar ons die renosters en ander wild besigtig het.

Dag 3 en 4 gekamp by Botiti river camp waar ons so gelukkig was om die migrasie van die diere se terugkeer kon sien en ook Baines Baobab kon besoek. Van daar na Maun, Safari Island lodge vir een nag om sodoende almal die geleentheid te gee om brandstof en voedsel weer aan te vul. Die volgende oggend vertrek ons na Mbudi kamp so +-5km van Kwai hek in Moremi vir 3 nagte, van waar ons die Moremi besoek het. Was so gelukkig om hiënas in ons kamp gedurende die aande te hê. Ons het ook ‘n macoro rit op die rivier geneem en heelwat diere gesien, almal het dit terdeë geniet. Die dae was warm.maar aande heerlik koel langs die rivier.

Daarna besoek ons die Savuti vir 3 dae. die Savuti was baie droog, maar baie olifante, zebras, rooibokke en blou wildebesste by watergate gekry. Was ook so gelukkig om die laaste dag die leeus te kry. Van hier vertrek ons na Kasane waar ons by Big 5 Toro lodge vir 4 dae gekamp het, moet sê dis ‘n puik kampplek waar elke paartjie hulle eie ablusie en opwas geriewe gehad het.

Gedurende hierdie dae het ons die Chobe wild reservaat besoek, ‘n bootrit op die Chobe rivier en ook die Vic Falls besoek, waar party mense ‘n helikopter vlug oor die valle geneem het. In die Chobe het ons ook baie olifante en diere sowel as leeus en ‘n luiperd gesien. Van hier het ons Elephant Sands besoek waar ons weereens olifante sowel as die wilde perde by die watergat gesien het en die laaste aand by Woodlands gekamp en die volgende oggend huistoe vertrek.