Die Kampnet familie het weer saam getoer deur Namibia vanaf 4 Mei 2024 tot 21 Mei 2024.
Ons toer het begin by Kgalagadi guest lodge in Van Zylsrus by Magda hulle waar 5 van die 9 paartjies ontmoet het. Puik kampplek en skoon ablusies met vriendelike personeel.
Dag 2 het ons vroeg oggend vertrek na Kgalagadi lodge so 5 km voor Kalahari gemsbokpark, waar ons vir 2 dae gekamp het en die park besoek het. Van daar na Klein Aus vir nog 2 dae, ons het die Namibiese wilde perde en Luderitz, Kolmanskuppe en die Dias kruis besoek.
Toe vertrek ons na Beta met n lifelike kamp en die mooiste sons opkoms en ondergang en vertoef net 1 nag. Van Beta ry ons na Sossusvlei Oasis kamp van waar ons Sossusvlei en die Sesrien Canion oor 2 dae besoek. Vertrek toe na Swakopmund en stop langs pad by Solletaire waar ons die beroemde appeltert van Mouse geniet het.
Ib Swakopmund het ons vir 4 dae. Ons besoek Spitzkoppe, Goanikontes en duin 7, verken ook Swakopmund, Hentiesbaai en Walvisbaai. Gaan ry duine saam met Sandy Horizon tours, dis n MOET wanneer jy in Swakopmund is. Die mense van Sandy Horizon is profesioneel, op tyd, toerleiers ken die duine en geskiedenis van die duine, Swakop, Walvisbaai en Henties. Hulle gee ook die lekkerste versnaperinge gedurende die duine rit. Vat ‘n duine rit in die duine met quads by Desert explorers wat ‘n ervaring was dit nie. In Swakopmund was daar een van die toergangers ‘n skaapbraai en lekker partytjie gereel waar ons tot laat in die aand saam gekuier het. Iets wat elkeen op die toer vir altyd sal onthou.
Van Swakopmund besoek ons die Estosha waarna ons huiswaarts keer. Slaap oor by ‘n fantasiese plek Xain Quaz camp net voor Gobabis en die laaste aand by Kang in Botswana.
Dit was voorwaar ‘n toer wat vir altyd onthou sal word met ‘n groep van 18 mense.